Waai in ons rigting

Ure tel stadig, asems word getel

Somber gesigte, hartseer gedigte

Is die nuwe kultuur

Van wanhoop tot waagmoed,

loop ek in my baan

Oor klowe van afstand,

grense voor hand-vat

Vra ek weer oor die hoop

Die wêreld se tempo, vertraag my lewensdroom

Die room van die hede, is dankbaar gebede

Daar is iewers nog lig

Diep in benoudheid, my kyk in die verte

Weet ek ten spyte, van doodgaan se geite

Sal die son weer oor ons skyn

Hoop is die saailand waarin God ons toekoms saai

Die oase in ‘n dorre woestyn

Hoop is die kreet van ‘n ned’rige hart

Hoop dat U guns ons rigting waai

Waai in ons rigting

Waai deur ons land

Waai oor ons trane,

Ons trotse weerstand

Waai in ons rigting

Waai deur ons land

Waai oor ons trane,

O Heer, vat weer ons hand

16 views

© 2020 by DAVID MULLER | Sanger. Spreker. Vervaardiger.