BIOGRAFIE

David is 'n veelsydige kunstenaar en vervaardiger. Die moontlikhede vir optredes is legio. David val graag in by kliënte se visie en behoeftes vir 'n optrede.

David is 'n gelegitimeerde predikant van die NG Kerk. Hy is sy lewe lank al besig met musiek. Op 14 jarige ouderdom het hy begin met musiekbediening in hul plaaslike gemeente. Na skool het hy eers Jazz studeer voordat hy teologie aan die Universiteit van Pretoria studeer het. Dit is hier waar hy sy trouvrou, Nadia, ontmoet het. Hulle is beide binne die eerste jaar na hul studies in NG Gemeente Prieska, in die Noordkaap, bevestig as leraars. David is passievol oor musiek en prediking en kombineer dié twee graag. Hy is op sy gelukkigste voor die klavier of orrel. Hy is 'n pastorale berader en spesialiseer in verhoudings- en traumaberading. David tree graag op as prediker, sanger, motiveringspreker, seremoniemeester of aanbieder. Dié singende dominee beskou homself as nederig, passievol, kontemplatief, perfeksionisties en buigbaar. In sy vrye tyd sit hy sy fotograaf of vlieënier hoed op.

© 2020 by DAVID MULLER | Sanger. Spreker. Vervaardiger.